GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 1 uur 15 min.

1 kg gerookte varkblad

3 knoffelhuisies, fyngedruk

1 ui, gehalveer

1 L hoenderafreksel

300 g volgraan-spaghetti

’n hand vol groenbone, gekap

’n hand vol spinasie, gekap

100 g ertjies

1.     Voeg die varkvleis, knoffel, ui en aftreksel in ’n pot oor matige hitte. Bring tot kookpunt, verminder die hitte en laat 1 uur prut.

2.     Haal die varkvleis uit en versnipper. Sit terug in die pot, voeg die pasta en bone by en laat 8 min. prut of tot die pasta amper gaar is. Voeg die spinasie en ertjies by en kook tot die spinasie verlep is. Sit dadelik voor.

Deur Hope Malau

Foto: Megan Miller