GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 20 min.

200 g spaghetti

’n hand vol broccoli

100 g ham, in blokkies gesny

Sous

150 ml (? k) room

1 eier, geskei

60 g parmesaankaas, plus ekstra vir voorsit

sout en vars gemaalde peper

5 ml (1 t) neutmuskaat

Bring ’n groot pot soutwater tot kookpunt oor hoë hitte. Voeg die spaghetti by en kook tot al dente. Voeg die broccoli by die kokende pasta vir die laaste 5 min. Dreineer en sit eenkant.

Sous Verhit die room stadig in ’n braaipan oor lae hitte. Meng die eiergeel en parmesaan en geur goed met die sout en vars gemaalde peper. Giet die mengsel in die verhitte room terwyl jy klits.

Laat val die pasta met ’n tang versigtig in die sous en meng goed. Voeg water by tot ’n gladde sous vorm. Voeg die ham by en sprinkel ’n bietjie neutmuskaat oor. Sit voor.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander