Genoeg vir 4-6 mense

Bereidingstyd: 15 minute

Baktyd: 20 minute

500 ml (2 k) pap

200 g sagte mozzarellakaas, in dun skywe gesny

200 g boerewors, in stukkies gesny en gaargemaak

250 g babatamaties

2 knoffelhuisies, fyngedruk

60 ml (¼ k) olyfolie

sout en vars gemaalde swartpeper

’n hand vol roketblare

45 ml (3 e) balsemieke reduksie

1    Voorverhit die oond tot 190 °C.

2    Kook die pap volgens die aanwysings op die verpakking. Keer dadelik die warm pap uit in 4 goed geoliede 20 cm-pizza- of ringkoekpanne of ’n reghoekige bakplaat. Versprei in ’n egalige laag – as dit te dik is, gebruik ’n metaalspatel wat in kookwater gedoop is.

3    Bedek die pap met die kaas, worsstukke en tamaties. Meng die knoffel en olie en bedruip die pizza daarmee. Geur met die sout en peper.

4    Bak 20 minute of tot effens verbruin en die tamaties plooierig is. Garneer met die roketblare, bedruip met die balsemieke reduksie en sit dadelik voor.

- Hope Malau