GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 25-30 min.

500 ml (2 k) mieliepap

1 x 410 g-blik chakalaka

250 g boerewors, gaar en in stukkies gesny

100 g gerasperde mozzarella of cheddar

Voorverhit die oond tot 230 °C. Bespuit ’n bakplaat van 5 cm diep of koekpan met kossproei.

  1. Berei die pap volgens die aanwysings op die verpakking.
  2. Druk vas in die bereide bakplaat of koekpan.
  3. Smeer die chakalaka bo-op en versprei die boerewors bo-oor.
  4. Sprinkel die kaas oor. Rooster 5-10 min. of tot die kaas gesmelt is en dit begin verkleur.
  5. Sny in porsies, sprinkel ’n bietjie pietersielie oor en sit voor.