6 baba-uitjies, gehalveer

45 ml (3 e) bruinsuiker

olyfolie

500 g brooddeeg

100 g biltong

200 g mozzarellakaas, gerasper

’n handvol vars basilie

Verhit die oond tot 180 °C.

Spuit ’n pan met kossproei.

  1. Pak die uie op ’n bakplaat, besprinkel met die suiker en olyfolie en rooster ’n halfuur tot effens bruin.
  2. Rol die brooddeeg rofweg in ’n sirkel uit en druk in ’n groot pan.
  3. Versprei die biltong, kaas en uie op die deeg en oondbak ’n halfuur of tot gaar.
  4. Besprinkel met die basilie en ’n bietjie olyfolie, sny in porsies en sit voor.