Lewer 12-15 pannekoeke

Bereiding: 15 minute

Rustyd: 20 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute (pannekoeke) + 10 minute (vulsel) + 10 minute (cannelloni)

PANNEKOEK

250 ml (1 k) koekmeel

2 ml (½ t) bakpoeier

knippie sout

3 eiers

250 ml (1 k) melk

125 ml (½ k) water

30 ml (2 e) olie

ekstra olie vir bak en braai

VULSEL

15 ml (1 e) olie

2 uie, gekap

500 g maer beesmaalvleis

1 blik (410 g) gekapte tamaties

30 ml (2 e) suiker

sout en peper

parmesaanskaafsels en basielieblare (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n bakplaat.

  1. PANNEKOEK Meng die meel, bakpoeier en sout.
  2. Klits die res van die pannekoekbestanddele behalwe die ekstra olie saam. Giet geleidelik by die droë bestanddele en klits goed.
  3. Laat die mengsel 20 minute rus. Verhit ’n klein bietjie van die ekstra olie in ’n pan en bak die pannekoeke.
  4. VULSEL Verhit intussen nog ’n bietjie olie en braai die uie. Voeg die maalvleis by en braai effens tot gaar.
  5. Meng die tamaties en suiker by en laat ’n paar minute prut. Geur met die sout en peper.
  6. Vul die pannekoeke met die vulsel. Rol elkeen op, sny in dik skywe en pak in ’n oondbak. Oondrooster 10 minute.
  7. Garneer met die parmesaanskaafsels en basilieblare indien verkies.