Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 35 minute

3 hoenderdye en 3 hoenderboude

sout en peper

5 ml (1 t) elk olyfolie en botter

10 ml (2 t) olyfolie

1 ui, gekap

250 ml (1 k) Spekko Parboiled-rys, rou

2 ml (½ t) borrie

1 blik (410 g) gekapte tamaties

1 groen soetrissie, gekap

750 ml (3 k) visaftreksel

10 ml (2 t) gerookte paprika

12 steurgarnale, kop en derm verwyder

250 ml (1 k) bevrore ertjies

sap en skil van 1 suurlemoen

30 ml (2 e) gekapte vars pietersielie

1 Geur die hoender met die sout en peper, verhit die olie en botter en braai die hoender tot gaar. Sit eenkant.

2 Verhit die 10 ml (2 t) olie in dieselfde pan en braai die ui tot sag. Voeg die rys en borrie by en braai 2 minute.

3 Voeg die tamatie, soetrissie, aftreksel en paprika by en bring tot kookpunt. Laat prut 20 minute of tot die meeste van die vloeistof geabsorbeer is.

4 Voeg die steurgarnale en ertjies by en sit die hoender terug in die pan. Geur met die sout en peper, bedek en laat prut 5-10 minute of tot gaar. Voeg die suurlemoensap, -skil en pietersielie by en meng liggies. Sit warm voor.

- Carmen Hendricks