Hierdie vegetariese gereg is vinnig en heerlik. Vir vleiseters kan jy steakrepies hierby braai om die gereg meer vullend te maak.

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10-15 minute

Gaarmaaktyd: 5-10 minute

50 ml sesam-olie

4 sprietuie, in lang repe gesny

1 knoffelhuisie, fyn gekap

6 groot bruinsampioene, in dun repe gesny

1 wortel, in dun repe gesny

1 klein kopkool, in fyn repe

gesny

2 witloofkoppe, gehalveer en hartgedeelte verwyder

sout en vars gemaalde swart-

peper

60 ml (¼ k) koljanderblare

30 ml (2 e) sojasous

30 ml (2 e) heuning

30 ml (2 e) koljanderpesto

sap en skil van 1 suurlemoen

250 g eiernoedels, gaar

ekstra koljanderblare

Verhit die olie en braai al die groente (hou die helfte van die witloof eenkant) ’n minuut oor baie hoë hitte. Geur met sout en peper. Skep die groente uit en roer die koljanderblare daardeur. Voeg die sojasous, heuning, koljanderpesto en suurlemoensap en -skil by en roer oor matige hitte.

Giet die sous in ’n bak en hou warm. Braai die res van die witloof oor lae hitte en hou eenkant.

Deel die gaar noedels tussen 4 bakkies, skep ’n groot lepel vol van die groente bo-op en deel die ekstra witloof bo-oor die groente. Giet laastens die sous oor. Sit voor met ekstra koljanderblare.