Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 15 min.

125 ml (½ k) hoenderaftreksel

60 ml (¼ k) hoisinsous

15 ml (1 e) sojasous

10 ml (2 t) mielieblom

45 ml (3 e) olyfolie, verdeel

2 knoffelhuisies, gekap

2 cm vars gemmer, gekap

200 g steurgarnale, dop en aar verwyder

sout en peper

1 rooi soetrissie, in skywe gesny

1 wortel, gerasper

1 rooi-ui, in skywe gesny

’n hand vol suikerertjies

350 g murgpampoentjie-spaghetti

  1. Klits die aftreksel, hoisinsous, sojasous en mielieblom saam in ’n bak. Sit die mengsel eenkant.
  2. Voeg 30 ml (2 e) olyfolie in ’n groot pan of wok oor matig-lae hitte en verhit 1 min. Voeg die knoffel en gemmer by en braai 2 min. terwyl jy aanhoudend roer.
  3. Voeg die steurgarnale in die pan en braai sowat 3 min. terwyl jy roer soos nodig tot die steurgarnale deurgaar en alkante pienk is. Geur met die sout en peper en plaas dan ’n bak terwyl jy enige vloeistof in die pan los.
  4. Verhoog die hitte na matig en voeg die oorblywende olyfolie in die pan. Voeg die soetrissie, wortels, rooi-ui en suikerertjies by en braai terwyl jy aanhoudend roer 4 min. tot die groente bros maar sag is.
  5. Voeg die bereide sous by en braai terwyl jy aanhoudend roer 2 min. tot die sous effens verdik. Sit die steurgarnale terug in die pan en roer om te meng. Voeg die murgpampoentjie-spaghetti by en braai 1 min. Skep die roerbraai in opdienborde.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan