GENOEG VIR 4-6 MENSE

Bereiding: 20 min.

Bak: 10 min.

250 ml (1 k) mieliemeel

1 blik (410 g) gekapte tamaties

250 g spekvleis

20 ml (4 t) olie

30 ml (2 e) botter

2 uie, in dun skywe gesny

30 ml (2 e) bruinsuiker

30 ml (2 e) balsemieke asyn

3 spriete vars tiemie

125 g sampioene, gekap

125 g mozzarellakaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n plat bakplaat met bakpapier uit.

  1. Maak stywepap volgens die aanwysings op die verpakking. Skep dit op die gevoerde bakplaat en sprei dit uit tot ongeveer 0,5-1 cm dik.
  2. Smeer die tamaties oor die mieliemeelbasis. Braai die spekvleis tot bros en sit eenkant.
  3. Verhit die olie en botter in ’n pan. Voeg die uie, suiker en asyn by. Wanneer die uie gekaramelliseer het, voeg
  4. die tiemie by en verwyder van die hitte.
  5. Sprei die gekaramelliseerde uie oor die tamaties, gevolg deur die spekvleis, sampioene en laastens die kaas.
  6. Bak 10 min. Garneer met vars tamaties en roketblare.