Lewer 2 groot pizzas

Bereiding: 10 min.

Staan: 45 min.

Gaarmaak: 15 min.

olie vir smeer

750 ml (3 k) meel

10 g suurdeeg

’n knippie sout

10 ml (2 t) suiker

125 ml (½ k) warm water

60 ml (¼ k) tamatiepuree

sout en peper

100 g mozzarellakaas, die helfte gerasper, die ander helfte gekap

’n bossie roketblare, die helfte gekap, die ander helfte heel gelos

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n pizzabakpan met die olie.
  2. Meng die meel, suurdeeg, sout en suiker in ’n bak en roer dan die water in. Bring die mengsel bymekaar en knie tot glad. Plaas in ’n geoliede bak, bedek met kleefplastiek en sit 45 minute eenkant of tot die grootte verdubbel het.
  3. Slaan die lug uit die deeg, knie 2 minute en verdeel in twee ewe groot balle. Druk ’n stuk in die gesmeerde bakpan.
  4. Smeer die helfte van die tamatiepuree oor die deeg en laat ’n smal rand om die kant. Geur met die sout en peper en strooi dan die helfte van die kaas oor. Bak 15 minute of tot gaar. Strooi die roketblare bo-oor. Herhaal met die oorblywende bestanddele om die tweede pizza te maak.