Genoeg vir 6 mense

500 g penne-pasta (of pasta van jou keuse)

2 bottels tamatie-pastasous

sowat 45 ml (3 e) snoekpatee

30 ml (2 e) melk of witwyn

50 g gruyère- of parmesaankaas, gerasper

sout en vars gemaalde swartpeper

hand vol basilieblare

  1. Kook die pasta in soutwater tot al dente en dreineer.
  2. Skep die pasta terug in die skottel en giet die tamatiepastasous by die gaar pasta.
  3. Bring tot kookpunt en roer sodat die pasta nie vasbrand nie.
  4. Meng die snoekpatee en melk of witwyn tot ’n gladde sous vorm en giet by die pasta.
  5. Roer die kaas by en geur met sout en peper na smaak.
  6. Sit voor saam met vars basilieblare.