Genoeg vir 4 mense

500 g gekoopte brooddeeg

80 ml (? k) tamatiepasta

200 g cheddarkaas, grof gerasper

200 g mozzarellakaas, grof gerasper

1 chorizo, in klein blokkies gesny

250 g kersietamaties, gehalveer

sowat 80 ml (? k) soet brandrissiesous

handvol koljanderblare

1. Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n groot bakplaat met olie of kossproei. Sprinkel ’n bietjie meel oor.

2. Rol die deeg uit op ’n meelbestrooide werkoppervlak en deel dit in ewe groot deegballe. Laat rys sowat 20 minute.

3. Rol die deegballe baie dun uit en sit dit op die voorbereide bakplaat.

4. Smeer van die tamatiepasta op die pizzas en bak 5 minute.

5. Versprei die res van die bestanddele behalwe die soet brandrissiesous en koljanderblare en bak nog 5-10 minute of tot gaar.

6. Stip die pizzas met die sous en sprinkel die blare oor.

Volg Huisgenoot op Twitter.