Genoeg vir 4 mense 

40 ml olyfolie

1 ui, grof gekap

1 knoffelhuisie, grof gekap

1 wortel, gerasper

1 selderystokkie, grof gekap

500 g maalvleis

1 blik (410 g) gekapte tamaties

sout en vars gemaalde swartpeper

20 ml (4 t) blatjang

60 ml (4 e) gekapte pietersielie en origanum

250 g penne-pasta, gaar

100 g parmesaankaas, gerasper

basilieblare vir garnering

1. Verhit die olyfolie in ’n kastrol en braai die ui, knoffel, wortel en seldery ’n paar minute.

2. Roer die maalvleis by en braai tot net gaar.

3. Roer die tamaties, sout, peper, blatjang en kruie by en laat prut 10 minute.

4. Roer die gaar pasta deur die maalvleis en sprinkel die kaas oor.

5. Garneer met basilieblare en sit voor terwyl warm.