Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 12 minute

300 g spaghetti

2 gaar porsies hoender (KLIK HIER vir ons hoenderskottelresep), in stukke gevlok

15 ml (1 e ) tamatiepasta

100 g songedroogde tamaties in olie, grof gekap

1 pakkie (200 g) swart olywe, ontpit en grof gekap

50 g parmesaankaas, gerasper (opsioneel)

1 pak (40 g) roketblare

PASTA

Kook die pasta in genoeg soutwater tot al dente (dus nog effens styf as jy daaraan byt).

Dreineer en behou 125 ml (½ k) van die kookwater.

SOUS 

Plaas die orige pastakookwater in ’n pot oor medium hitte.

Voeg die tamatiepasta, songedroogde tamaties in olie en die olywe by en verhit tot ’n geurige sous.

Roer die hoender by en verhit tot warm.

Roer die sous deur die gedreineerde pasta, sprinkel parmesaankaas oor en stapel ’n bondel roketblare bo-op.