Genoeg vir 2-4 mense

300 g macaroni

WITSOUS

80 g botter

80 g meel

1 liter melk

sout en vars gemaalde swartpeper

100 g cheddarkaas, gerasper

80 g bloukaas, gekrummel

80 g parmesaan- of gruyèrekaas

2 groot ryp tamaties

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag-oondbak met botter of kossproei.

Kook die macaroni in soutwater tot al dente, dreineer en hou eenkant.

WITSOUS

Verhit die botter in ’n kastrol en roer die meel by. Roer tot ’n roux vorm.

Giet die melk by en roer tot die sous verdik en gaar is.

Geur met ’n bietjie sout (onthou, die kaas is reeds baie sout) en peper na smaak.

Roer die drie verskillende kase by.

Sit die gaar pasta in die voorbereide bak en giet die sous oor. (Indien die sous te dik lyk, roer ’n bietjie melk by.)

Sny die tamaties in skywe en pak dit op die macaroni.

Bak sowat 10-15 minute en sit voor saam met ’n groen slaai.

Wenk: Vir ’n minder ryk gereg, gebruik net die helfte van die kaas of selfs net een van die kase.