MACARONI

500 g macaroni, gekook

250 g spekstukkies, gebraai

handvol pietersielie, gekap

KAASSOUS

60 ml (¼ k) botter

60 ml (¼ k) meel

500 ml (2 k) melk

250 ml (1 k) cheddarkaas

sout en peper

Verhit die oond tot 200 °C.

Voer 6 groot muffinpanholtes uit met bakpapier.

  1. Macaroni Meng alles.
  2. Kaassous Smelt die botter in ’n kastrol; meng die meel by. Klits die melk bietjies-bietjies by. Roer deurgaans oor matige hitte tot dik. Roer die kaas by. Geur.
  3. Meng die macaroni by en giet in die holtes.
  4. Bak 15-20 minute.
Geniet met tamatiesous. Macaroni-en-spekkoppies