Genoeg vir sowat 4 porsies

Bereiding: 15-20 minute

Gaarmaaktyd: 20-30 minute

250 g macaroni

10 ml (2 t) olyfolie

15 ml (1 e) botter

250 g hoenderlewers, skoongemaak en in blokkies gesny

125 g sampioene, in kwarte gesny

8 sprietuie, fyn gekap

sout en vars gemaalde swartpeper

250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper

ekstra vars pietersielie

WITSOUS

50 ml botter

50 ml meel

500 ml (2 k) melk

sout en vars gemaalde swartpeper

knippie kerriepoeier

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Kook die macaroni in soutwater tot al dente, dreineer en hou eenkant.

Verhit die olyfolie en botter en braai die hoederlewers en sampioene tot goudbruin en gaar.

Braai die sprietuie daarby en geur met sout en peper.

WITSOUS 

Verhit die botter en roer die meel by.

Roer ’n minuut en giet die melk by.

Roer tot ’n witsous vorm.

Geur met sout, peper en kerriepoeier.

Meng die witsous met die gaar macaroni en lewermengsel.

Giet in 4 kleiner bakkies of 1 middelslagoondbak.

Sprinkel kaas boor en bak sowat 20 minute of tot goudbruin en gaar.

Sit voor saam met ’n slaai en garneer met vars pietersielie.