Genoeg vir 4-6 mense

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 45 minute

250 g macaroni

15 ml (1 e) olie

1 ui, gekap

2 murgpampoentjies, in skywe gesny

250 ml (1 k) toebroodjieham, in blokkies gesny

2 knoffelhuisies, gekap

30 ml (2 e) meel

375 ml (1½ k) melk

125 ml (½ k) parmesaankaas, gerasper

250 ml (1 k) suikermieliepitte

sout en vars gemaalde swartpeper

hand vol vars pietersielie, gekap

1    Voorverhit die oond tot 180 °C. Kook die macaroni volgens die aanwysings op die verpakking tot net gaar en dreineer.

2    Verhit die olie in ’n braaipan oor matige hitte. Voeg die ui en murgpampoentjies by en kook 5 minute terwyl jy roer. Voeg die ham, knoffel en meel by terwyl jy ’n minuut roer. Giet die melk in terwyl jy vinnig roer tot die mengsel verdik. Verwyder van die hitte en roer die helfte van die parmesaankaas en suikermielies in. Geur met die sout en peper.

3    Roer die gaar pasta by die sous in en skep die mengsel in 4-6 oondvaste bakke. Bestrooi met die oorblywende kaas en pietersielie.

Bak 30 minute of tot goudkleurig

- Hope Malau