15 ml (1 e) olyfolie

1 ui, grof gekap

200 g maalvleis

1 blik (410 g) gekapte tamaties

sout, peper, suiker na smaak

’n paar druppels worcestersous

2 pizzabasisse

120 g cheddarkaas, gerasper

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C en bedek ’n bakplaat met bakpapier.
  2. Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui. Voeg die vleis by en braai.
  3. Sit die tamaties by en bring tot kookpunt. Geur met sout, peper, suiker en worcestersous. Laat prut 30-40 minute.
  4. Skep op die basisse en sprinkel die kaas oor. Bak 10 minute.