Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 20 minute

Staantyd: 30 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

FRIKKADELLE

2 blikke (170 g elk) tuna, gedreineer

1 blik (400 g) kekerertjies, gedreineer en grof gekap

1 ui, fyn gekap

1 knoffelhuisie, fyn gekap

1 groen brandrissie, wit velletjies en pitte verwyder en fyn gekap

3 ml (1½ t) fyn komyn

60 ml (¼ k) Italiaanse pietersielie, fyn gekap

2 eiers, geklits

80 ml (1/3 k) koekmeel

sout en vars gemaalde swartpeper

kookolie vir diepvetbraai

PASTA EN SOUS

500 g pasta, volgens aanwysings op pakkie gekook

350 ml gekoopte tamatiesalsa of tamatie-pastasous

  1. FRIKKADELLE Maak seker die tuna en kekerertjies is baie goed gedreineer. Meng die tuna, kekerertjies en die res van die frikkadel-bestanddele behalwe die kookolie.
  2. Vorm klein balletjies en laat staan sowat 30 minute in die yskas.
  3. Giet die kookolie in ’n diep kastrol en diepvetbraai die frikkadelle tot goudbruin en gaar.
  4. PASTA EN SOUS Verhit die tamatiesous en laat prut sowat 10 minute. Sit voor saam met die pasta en frikkadelle.