Genoeg vir 2-4 porsies

250 g penne-pasta

30 g botter

60 ml (¼ k) olyfolie

1 ui, in kwarte gesny

2 knoffelhuisies, fyn gekap

250 g bruinsampioene, in skywe gesny

1 wortel, in dun skywe gesny

100 g babaspinasieblare

60 ml (¼ k) gekapte pietersielie

30 ml (2 e) gekapte koljanderblare

30 ml (2 e) gekapte kruisementblare

skil van een suurlemoen

250 ml (1 k) gerasperde parmesaankaas

1. Kook die pasta in soutwater tot al dente, dreineer en hou eenkant.

2. Verhit die botter en die helfte van die olyfolie en braai die ui, knoffel en sampioene tot geurig en droog.

3. Roer die res van die bestanddele behalwe die parmesaankaas by en verhit tot deurwarm.

4. Roer die pasta en die res van die olie deur die groente en sprinkel kaas oor.