Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15-20 min.

Verkoel: 30 min.

Gaarmaak: 15-20 min.

FRIKKADELLE

250 g beesmaalvleis

250 ml (1 k) bruinlensies, gekook, of 1 x 410 g-blik, gedreineer

1 ui, gerasper

2 wortels, geskil en gerasper

2 snye bruinbrood, korsies afgesny en in melk geweek

1 eier

sout en vars gemaalde peper

125 ml (½ k) meel

PESTO-SPAGHETTI

500 g spaghetti

15 g pietersielie

15 g roketblare

60 ml (¼ k) sonneblomsaad, gerooster

45-60 ml (3-4 e) suurlemoensap

125 ml (½ k) olyfolie

ekstra olyfolie

  1. Frikkadelle Meng al die bestanddele vir die frikkadelle behalwe die meel en geur met die sout en peper. Verkoel minstens 15 min. Rol frikkadelle en verkoel nog 15 min.
  2. Pesto-spaghetti Kook die spaghetti tot al dente, dreineer en hou eenkant. Pols die res van die bestanddele (buiten die ekstra olyfolie) saam in ’n voedselverwerker fyn. Meng die helfte van die pesto deur die spaghetti saam met nog ’n goeie skeut olyfolie.
  3. Rol die frikkadelle in die meel en braai in verhitte olie tot gaar.
  4. Skep die spaghetti in ’n opdienbak, versprei die frikkadelle bo-op en drup die orige pesto oor. Sit voor saam met parmesaankaas en baba-tamaties.