GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 1 uur 15 min.

30 ml (2 e) olie

1 kg lamsvleis

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

250 ml (1 k) hoenderaftreksel

2 blikke (400 g elk) kersietamaties

4 takkies tiemie

250 ml (1 k) water

375 g lasagne-velle

  1. Verhit die olie in ’n braaipan oor hoë hitte, voeg die lamsvleis by en braai weerskante 2 minute of tot verbruin. Verwyder uit die pan en sit eenkant. Braai die ui en knoffel en kook 2 minute.
  2. Voeg die aftreksel, tamaties, tiemie en water by en roer om te meng. Sit die lamsvleis terug in die pan en bring tot kookpunt. Verminder die hitte tot laag, bedek en laat prut 1 uur of tot die lamsvleis sag is.
  3. Haal die lamsvleis uit die pan, snipper die vleis met ’n vurk van die bene af en gooi die bene weg.
  4. Breek die lasagne-velle in growwe stukke en kook 10 minute of tot gaar in ’n groot pot gesoute kookwater. Dreineer en sit in die pot terug. Voeg die versnipperde lamsvleis en sous by en meng.