Genoeg vir 4-6 mense

Bereidingstyd: 12 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

250 g macaroni

SOUS

15 g botter

125 ml (½ k) room

125 g sterk cheddarkaas, gerasper

60 g bloukaas, gekrummel

100 g roomkaas

80 ml (1/3 k) parmesaankaas, gerasper

  1. Kook die macaroni in genoeg kokende soutwater tot net sag. Dreineer.
  2. Sous Verhit die botter en room, roer die kase (buiten die parmesaankaas) by en roer tot gesmelt (moenie dit laat kook nie).
  3. Meng die macaroni en gesmelte kaasmengsel, skep in ramekinbakkies en sprinkel die parmesaankaas oor.
  4. Bak sowat 10-15 minute of tot goudbruin. Sit voor met tamatiesous.