GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 25 min.

3 hoenderfilette, platter gekap

sout en peper

2 eiers, geklits

250 ml (1 k) broodkrummels

olie vir vlakbraai

2 knoffelhuisies, gekap

2 x 410 g-blikke

gekapte tamaties

60 ml (¼ k) rooiwyn (opsioneel)

250 g sampioene, in skywe gesny

olie vir diepbraai

250 g tagliatelle, gekook

60 ml (¼ k) parmesaankaas, gerasper

30 ml (2 e) vars pietersielie, gekap

  1. Sny die hoender in stukke. Geur met die sout en peper, doop elke stuk in die eier en bedek met die broodkrummels. Verkoel in die yskas tot dit tyd is om dit te braai.
  2. Verhit die olie in ’n diep pan en braai die knoffel. Voeg die tamaties en opsionele rooiwyn by en laat prut 5 min.
  3. Voeg die sampioene by, geur met die sout en peper en laat prut tot die sampioene gaar is en die sous verminder het.
  4. Verhit genoeg olie vir diepbraai in ’n ander pan en braai die hoender tot goudbruin.
  5. Sit die gaar tagliatelle met die tamatiesous en hoender voor en bestrooi met die kaas en pietersielie.