15 ml olyfolie

1 ui, in skywe gesny

250 g spekvleis, in blokkies gesny

sout en vars gemaalde swartpeper

1 rol (400 g) skilferkorsdeeg, ontdooi

50 ml songedroogdetamatie-pesto

100 g mozzarellakaas, gerasper

sowat 20 baba-spinasieblare

100 g fetakaas, in blokkies gesny

10 olywe, ontpit en gehalveer

1 eier, geklits

30 g roketblare

Voorverhit die oond tot 200 °C.

Verhit die olie en braai die uie en spek tot bros en geurig.

Geur met sout en vars gemaalde swartpeper.

Laat afkoel.

Rol die deeg liggies uit op ’n meelbestrooide werkoppervlak.

Plaas die deeg op ’n gesmeerde bakplaat.

Sny ’n inkeping 1 cm van die buiterand (dit sal help dat die kante mooier uitpof) en druk die rande liggies met ’n vurk.

Smeer die deeg met songedroogde tamatie-pesto en sprinkel die helfte van die mozzarellakaas oor.

Rangskik die spinasieblare, fetakaasblokkies en olywe bo-op en sprinkel laastens die res van die mozzarella oor.

Verf die rande met geklitste eier en bak 15 – 20 minute of tot gaar.

Laat die tert effens afkoel en sny in blokke.

Sit voor met vars roketblare.

Wenk: Sorg dat daar altyd ’n pak skilferkorsdeeg in jou vrieskas is – dis so veelsydig en maklik om te gebruik. Gebruik dit as ’n basis vir ’n pizza en jy hoef nie te sukkel om self deeg te maak nie.