Kokkedoor, episode 12 - die uitdaging: Maak basaarkerrie, afval en kweperbredie op ’n nuwe manier.

Lewer 6-8 porsies

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20-30 minute

2 uie, fyn gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

olie

500 ml (2 k) risotto-rys

2 L (8 k) groenteaftreksel

250 ml (1 k) parmesaankaas, gerasper

30 ml (2 e) botter

sout en peper na smaak

geklitste eier vir rol

broodkrummels, vir rol

olie vir diepbraaiv

  1. Braai die uie en knoffel 5 minute in ’n verhitte pan met ’n bietjie olie. Voeg die rys by en braai tot glansig.
  2. Voeg die aftreksel bietjie-bietjie by, net genoeg om die rys met elke byvoeging te bedek. Herhaal tot die rys net gaar is.
  3. Roer die kaas en botter by. Geur met die sout en peper.
  4. Rol die rys in klein balletjies, doop in die geklitste eier en dan in die broodkrummels.
  5. Diepbraai in die olie tot die krummellagie goed bruin is. Plaas op kombuispapier om die oortollige vet te dreineer. Sit dadelik voor.