GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 15 min.

4 calamaristeaks

4 knoffelhuisies, fyngedruk

30 ml (2 e) knoffel-en-kruie-speserye

15 ml (1 e) botter

15 ml (1 e) olyfolie

PASTA

500 g tagliatelle of enige ander pasta, gaar gekook

10 g vars pietersielie, gekap

sap van 1 suurlemoen

sout en vars gemaalde

swartpeper (opsioneel)

  1. Klad die calamari met kombuispapier droog en sny in blokkies.
  2. Sit in ’n mengbak, meng die knoffel deur en geur goed met die knoffel-en-kruie-speserye.
  3. Verhit die botter en olyfolie in ’n groot pan en braai die calamari in sarsies tot gaar. Dit is gereed wanneer die calamari nie meer in die middel deurskynend is nie.
  4. Pasta Gooi al die calamari terug in die pan en meng die gaar pasta, pietersielie en suurlemoensap deur.
  5. Geur met sout en peper, indien verkies.
  6. Sit voor met ekstra vars suurlemoen