Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 3-5 minute

Gaarmaaktyd: 12 minute

30 ml (2 e) olyfolie

1 middelslagui, in skyfies gesny

12 klein rooi brandrissies, saadjies verwyder en gekap

1 groot rooi soetrissie, ontkern en in blokkies gesny

300 g chorizowors, in klein skyfies gesny

700 g klein ryp kersietamaties

knippie suiker

160 ml (²/³ k) swartolywe

450 g vlinderpastavorms

sout en grof gemaalde swartpeper

45 ml (3 e) gekapte vars basielkruid of vars pietersielie

balsemieke asyn

  1. Verhit die helfte van die olie en soteer die ui en brandrissie daarin tot die ui begin sag word. Voeg die soetrissie- en chorizo-blokkies by en soteer nog 2 minute.
  2. Voeg die kersietamaties en 4-5 eetlepels water, asook die suiker en olywe by en laat sowat 10 minute stadig prut.
  3. Kook intussen die pastavorms in soutwater tot net gaar. Dreineer.
  4. Roer die orige olyfolie, asook die kersietamatie-mengsel en vars basielkruid deur die pasta. Geur mildelik met sout en peper.
  5. Giet ’n goeie skoot balsemieke asyn oor en sit die pasta voor.