15 ml (1 e) olie

2 uie, gekap

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

2 cm-stuk gemmer, gerasper

1 kaneelstokkie

500 g maalvleis

45 ml (3 e) kerriepoeier

15 ml (1 e) blatjang

30 ml (2 e) appelkooskonfyt

2 wortels, in blokkies gesny

sout en peper

500 g brooddeeg

30 ml (2 e) botter, gesmelt

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Verhit die olie. Braai die uie, knoffel, gemmer en kaneel. Voeg die vleis by.
  2. Roer die kerrie, blatjang, konfyt en wortels by. Laat prut. Geur met sout en peper.
  3. Verdeel die deeg in 4 en rol uit. Vul een helfte van elke sirkel en vou die ander helfte oor.
  4. Knyp toe en verf met botter. Bak 20 minute in die voorverhitte oond.