Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Week: 1 uur

Gaarmaak: 10 min.

250 ml (1 k) kasjoeneute

200 ml (¾ k) water

2,5 ml (½ t) sout

1 knoffelhuisie, gekap

15 ml (1 e) olie

2 patats, in blokkies gesny

60 ml (¼ k) groenteaftreksel

’n hand vol babaspinasie

’n hand vol basilieblare

sout en peper na smaak

olyfolie vir bedruip

200 g pasta, gaar

  1. Plaas die kasjoeneute in ’n bak, bedek met water en week 1 uur. Dreineer. Plaas in ’n verwerker en voeg die water, sout en knoffel by. Verwerk tot glad.
  2. Verhit die olie in ’n groot pan oor hoë hitte. Voeg die patats by en mengel 8 min. in die pan tot sag maar bros. Giet die aftreksel in en meng die spinasie in.
  3. Voeg die basilie en die helfte van die kasjoeneutsous in die pan en meng. Geur mildelik met sout en peper en bedruip met olyfolie.
  4. Sit voor oor pasta.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander