Genoeg vir 4 mense

400 g skilferkorsdeeg

60 ml (¼ k) songedroogde tamaties in olyfolie, in skywe gesny

2 gerookte hoenderborsies, in skywe gesny

100 g mozzarellakaas, in skywe gesny

30 g roket

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Rol die deeg liggies uit op ’n meelbestrooide werkoppervlak.
  2. Sit die deeg op ’n groot gesmeerde oondplaat en rangskik die songedroogde tamaties, hoenderborsieskywe en mozzarellakaasskywe op die deeg.
  3. Bak sowat 15-20 minute of tot gaar.
  4. Sny die pizza in porsies en sprinkel die roket oor.

Wenk: Ontdooi die deeg oornag in die yskas en haal dit uit die yskas net voor jy daarmee begin werk. Die deeg rys op sy beste as dit baie koud is. So, indien jou tyd dit toelaat, plaas die deeg met die vulsel vir sowat 10 minute in die yskas net voor dit in die oond gesit word.