Genoeg vir 4 mense

Bereiding: sowat 20 minute

Gaarmaaktyd: sowat 30 minute

600 g varkvleisrepies

sout en vars gemaalde swartpeper

60 ml (¼ k) mielieblom

40 ml olyfolie

1 ui, grof gekap

1 knoffelhuisie, fyn gekap

250 g sampioene, in skyfies gesny

1 groen soetrissie, in repies gesny

500 ml (2 k) Griekse jogurt

250 ml (1 k) gaar pastarys

1. Geur die varkrepies met sout en peper. Rol die repies in die mielieblom en skud die oortollige mielieblom af.

2. Verhit van die olie in ’n pan en braai die varkrepies tot bruin en gaar. Geur met sout en peper. Verwyder uit die pan en hou eenkant.

3. Verhit nog olie en braai die ui en knoffel tot goudbruin. Voeg die sampioene en soetrissie by en braai ’n paar minute. Sit die varkrepies terug en braai ’n minuut.

4. Roer die jogurt by. Verhit tot deurwarm. Sit die gaar pastarys by en geur na smaak.

Foto: David Briers