Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 20-25 minute

Marineertyd: 30 minute

6 hoenderborsfilette sonder vel, dun gesny

1 pakkie (200 ml) marinade in ’n sak, heuning-sojageur

30-45 ml (2-3 e) olie

250 ml (1 k) sampioene, gesny

1 soetrissie, in dun repies gesny

1 brandrissie, ontpit en fyn gekerf

500 ml (2 k) gaar engelhaarnoedels

1 bossie groen grasuie, fyn gesny

  1. Plaas die hoender in die sak met die marinade en vryf 1-2 minute tot die sous goed in die hoender ingevryf is. Laat 30 minute staan.
  2. Roerbraai die hoender in ’n bietjie olie tot net gaar.
  3. Voeg die groente by en roerbraai tot dit net sag is.
  4. Roer die noedels en enige orige marinade by. Roerbraai tot warm.
  5. Sprinkel die grasuie oor.