Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

45 ml (3 e) koljandersaad

3 groen brandrissies

45 ml (1 e) olie

4 knoffelhuisies, fyngedruk

500 ml (2 k) pastaskulpe

4 hoenderborsies, in blokkies gesny

sout en vars gemaalde swartpeper

1 ui, gekap

3 tamaties, gekap

2 ml (½ t) borrie

3 kerrieblare

  1. Rooster die koljandersaad in ’n droë pan tot hulle begin oopbars, maar sorg dat hulle nie brand nie.
  2. Maak die koljandersaad, brandrissies, 15 ml (1 e) van die olie en knoffelhuisies met ’n stamper en vysel fyn tot ’n goed gemengde pasta.
  3. Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking, dreineer en sit eenkant.
  4. Verhit ’n bietjie van die oorblywende olie in ’n braaipan en braai die hoender tot bruin. Geur met die sout en peper.
  5. Braai die ui in ’n ander pan in die oorblywende olie tot deurskynend. Voeg die tamatie, speserypasta, borrie en kerrieblare by en laat prut sowat 3 minute.
  6. Voeg die hoender en pasta by, meng goed en geur met die sout en peper.

- Hope Malau