Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15-20 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

30 ml (2 e) botter of olyfolie

1 groot ui, in ringe gesny

60 ml (¼ k) balsemieke asyn

sout en vars gemaalde swartpeper

4 groot bruin sampioene, in skywe gesny

500 g hoenderlewers, skoongemaak en gehalveer

koekmeel, gegeur met sout en peper

30 ml (2 e) heelkorrelmosterd

125 ml room (of natuurlike jogurt)

250 g pasta, gaargemaak

pietersielie vir garnering

Verhit van die botter of olyfolie en braai die ui tot sag. Roer die balsemieke asyn by en geur

met sout en peper. Voeg die sampioene by, braai ’n paar minute en hou dit eenkant. Doop die hoenderlewers in die meel en skud die oortollige  meel af. Verhit die res van die botter of olyfolie en braai die  lewers tot goudbruin. Geur met sout en peper.  Skep die sampioenmengsel terug in die pan met die lewers en voeg die heelkorrelmosterd en room of jogurt by. Sit voor saam met pasta en garneer met pietersielie.