GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 30 min.

15 ml (1 e) olie

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

500 g hoenderlewertjies

45-60 ml (3-4 e)

peri-peri-sous

10 ml (2 t) mielieblom, in 15 ml (1 e) water opgelos

7 ml (1½ t) suiker

sout en vars gemaalde peper

250 ml (1 k) gerasperde

mozzarellakaas

1 kg winkelbrooddeeg

45 ml (3 e) botter, gesmelt

DOOPSOUS

250 ml (1 k) Griekse jogurt

30 ml (2 e) gekapte vars koljander

30 ml (2 e) gekapte vars pietersielie

30 ml (2 e) gekapte vars mentblare

15 ml (1 e) suurlemoensap

1 knoffelhuisie, fyngedruk

1 brandrissie, gekap

Voorverhit die oond tot 190 °C. Spuit ’n groot bakplaat met kossproei.

  1. Verhit die olie en braai die ui en knoffel tot geurig. Voeg die lewertjies by en braai tot bruin.
  2. Giet die peri-perisous en 125 ml (½ k) water by. Laat prut ’n paar minute en roer die mielieblom by. Laat nog prut tot verdik.
  3. Geur met die suiker sout en vars gemaalde peper. Laat ’n bietjie afkoel en roer die kaas deur.
  4. Verdeel die deeg in vier en rol rofweg in sirkels op ’n meelbestrooide oppervlak uit.
  5. Skep van die vulsel op die een kant van ’n sirkel, vou toe en seël om die rand. Verf met die botter en pak op die bakplaat. Sny ‘n gleufie in die bokant. Herhaal met die res. Bak 30 min. of tot gaar.
  6. Doopsous Meng alles en sit voor saam met die calzones en vars koljander*.