Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 35-40 minute

1 ui, in ringe gesny

olie

500 g gaar gerookte hoenderborsies,

in stukkies

gesny

1 liter (4 k) klaarbereide

witsous

½ wig bloukaas en 125 ml

(½ k) gerasperde sterk

cheddarkaas

6 lasagnevelle

paar vars vye vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondbak.

  1. Braai die ui in ’n bietjie verhitte olie tot sag. Voeg die hoender by en meng deur. Verwyder van die hitte en meng die witsous by.
  2. Smeer ’n bietjie witsous-mengsel onder in die bak.
  3. Doop die lasagnevelle een vir een in kookwater en pak ’n lagie op die witsousmengsel.
  4. Smeer die helfte van die orige witsous oor en krummel die helfte van die kase oor. Herhaal die lae en eindig met die kaas.
  5. Bak 35-40 minute.
  6. Sit voor met vars vye.