Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 15 min.

500 g hoendermaalvleis

60 ml (¼ k) broodkrummels

60 ml (¼ k) rosyne

2 knoffelhuisies, fyngedruk

skil van 1 suurlemoen

2 ml (½ t) brandrissievlokkies

’n hand vol vars pietersielie, gekap

sout en peper

15 ml (1 e) olie

250 ml (1 k) hoenderaftreksel

350 g spaghetti

  1. Meng die hoendermaalvleis met die broodkrummels, rosyne, knoffel, suurlemoenskil, brandrissievlokkies, pietersielie, sout en peper. Vorm in 20 frikkadelle.
  2. Verhit die olie in ’n braaipan en braai die frikkadelle 4 minute terwyl jy hulle omdraai tot goudkleurig alkante. Voeg die aftreksel by en laat prut 5 minute. Sit eenkant.
  3. Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking. Dreineer, voeg in die pan, roer en sit voor.