GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 40-45 min.

4-6 hoenderporsies

sout en vars gemaalde peper

15 ml (1 e) olyfolie

1 wiel fetakaas, grof gekrummel

PESTO

10 g pietersielie

10 g roketblare

60 ml (¼ k) sonne-blomsaad, gerooster

2 knoffelhuisies, fyngedruk

15 ml (1 e) suurlemoensap

60 ml (¼ k) olyfolie

VIR VOORSIT

10 g ekstra roketblare

Voorverhit die oond tot 190 °C. Bespuit ’n bakplaat met kossproei.

  1. Geur die hoenderporsies oraloor met die sout en peper. Sprinkel die olie oor.
  2. Sprinkel die feta oor. Rooster 40-45 min. of tot goudbruin en gaar.
  3. Pesto Pols die pietersielie, roketblare, sonneblomsaad, knoffel en suurlemoensap saam in ’n voedselverwerker fyn.
  4. Voeg die olyfolie geleidelik by en pols tot gemeng. Geur na smaak met sout en peper.
  5. Sprinkel die ekstra roketblare oor die hoender, drup die pesto oor en sit voor saam met gestoomde broccoli.