250 g linguine

125 ml (½ k) gerasperde parmesaankaas

sap en skil van 1 suurlemoen

4 hoenderborsies, gaargemaak en gepluis

100 g babaspinasieblare

30 ml (2 e) olyfolie

sout en peper

Kook die linguine tot al dente en dreineer, maar hou 60 ml (¼ k) van die water.

Meng die pasta, oorblywende water, parmesaan, suurlemoensap en -skil. Meng die res van die bestanddele deur die pasta en laat ’n paar minute staan sodat die spinasie begin verwelk en die kaas smelt.

Sit voor saam met parmesaanskaafsels en geroosterde amandelvlokkies.