Lewer 12 pizzabasisse

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 6 minute

KORS

650 g (4¾ k) bruismeel

420 ml jogurt

1 sakkie (10 g) kitsgis

5 ml (1 t) papawersaad

5 ml (1 t) sesamsaad

knippie sout

semolina om op uit te rol

VULSEL

4 hoenderborsies, gaar gestoom en in stukke geskeur

60 ml (¼ k) gemengde kruie, gekap

skil van 1 suurlemoen

1 piesang, in dun skyfies gesny

pampoensade

250 ml (1 k) edamkaas, gerasper

125 ml (½ k) broccoliblommetjies

60 ml (¼ k) stingeluie, gekap

  1. KORS Plaas al die bestanddele behalwe die semolina in die mengbak van ’n elektriese menger en verwerk tot ’n sagte, gladde deeg vorm. (Meng andersins al die bestanddele en knie goed tot dit glad en elasties is en nie meer aan jou hande vaskleef nie.) Bedek met kleefplastiek en laat ’n uur by kamertemperatuur rus.
  2. Verdeel die deeg rofweg in 12 bolle, of meer na gelang van hoe groot jy die basisse wil hê.
  3. Rol die deeg so dun moontlik uit op ’n oppervlak wat met semolina bestrooi is.
  4. Bak 3-4 minute alkant by 270 °C (of warmer as jou oond kan) tot goudbruin en gaar.
  5. VULSEL Meng die hoender met die kruie en suurlemoenskil. Sprinkel saam met die res van die bestanddele oor die pizza en rooster onder die roosterelement van die oond tot die kaas net gesmelt is.