Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

HAM-EN-SAMPIOENSMOOR

20 ml (4 t) olyfolie

1 ui, fyn gekap

1 knoffelhuisie, gekneus

1 groen soetrissie, in dun repe gesny

250 g knopiesampioene, gehalveer

350 g ham, in repe gesny

250 g kersietamaties

sout en vars gemaalde swartpeper

10 ml (2 t) suiker

WITSOUS

50 ml botter

50 ml koekmeelblom

350 ml melk

5 ml (1 t) bruinasyn

80 g bloukaas, gekrummel

PASTA

250 g fettuccini

50 g olywe, ontpit en gehalveer

20 ml (4 t) olyfolie

vars kruie vir garnering

  1. HAM-EN-SAMPIOENSMOOR Verhit die olie en braai die ui en knoffel daarin tot sag.
  2. Voeg die soetrissie en sampioene by en roerbraai ’n paar minute.
  3. Voeg die ham en tamaties by en roerbraai tot die tamaties net begin oopbars. Geur met sout, peper en suiker. Hou eenkant.
  4. WITSOUS Verhit die botter in ’n kastrol en voeg die meel by. Braai ’n minuut. Giet die melk by. Roer tot ’n dik witsous vorm. Geur met asyn.
  5. Krummel die bloukaas by die witsous in.
  6. PASTA Kook die pasta in kookwater tot al dente. Dreineer en roer die olywe en olyfolie daardeur.
  7. Meng die smoor met die pasta. Giet die witsous bo-oor. Garneer met vars kruie.