Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 3 minute

200 g noedels

5 ml (1 t) olie

SOUS

60 ml (¼ k) grondbone, gerooster

125 ml (½ k) grondbonebotter

80 ml (? k) water

3 knoffelhuisies, gekap

3 cm stuk gemmer, gekap

30 ml (2 e) sojasous

15 ml (1 e) bruinsuiker

30 ml (2 e) suurlemoensap

80 ml (? k) klappermelk

VIR VOORSIT

¼ komkommer, in skywe gesny

vars koljander vir garnering

1    Kook die noedels 3 minute in kookwater. Spoel af onder koue water en dreineer. Bedek met die olie en sit eenkant.

2    Sous: Verwerk die bestanddele vir die sous in ’n voedselverwerker tot glad. As jy ’n loperiger sous verkies, voeg nog ’n bietjie klappermelk by.

3   Vir voorsit: Meng die sous met die noedels en sit dadelik voor saam met die komkommer en koljander.