Bereiding: 40 minute

Gaarmaaktyd: 40 minute

g-lasagne

TAMATIESOUS

15 ml (1 e) olie

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, fyn gesny

2 blikke (400 g) gekapte tamatie

45 ml (3 e) elk vars gekapte basilie en origanum

sout en peper na smaak

SPINASIEKAAS

4 knoffelhuisies, fyn gedruk

200 g spinasie, fyn gesny

15 ml (1 e) olie

250 g (1 bakkie) maaskaas

2 eierwitte, effens geklits

knippie neutmuskaat

500 ml (2 k) mozzarellakaas, gerasper

GROENTE-EN-PASTA LAE

1 eiervrug, in skywe gesny

8 spinasiepastavelle

250 g bruin sampioene, in skyfies gesny en gebraai

20 g parmesaankaas vir bo-oor strooi

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondbak.

  1. TAMATIESOUS Verhit die olie en roerbraai die ui en knoffel tot sag. Voeg die tamatie en kruie by, verlaag die hitte en laat prut tot geurig en nie meer waterig nie. Hou eenkant.
  2. SPINASIEKAAS Roerbraai die knoffel in ’n bietjie olie tot sag. Voeg die spinasie by en verhit tot verwelk. Laat afkoel. Plaas in ’n voedselverwerker en verwerk tot glad. Voeg die maaskaas en eierwitte by en geur goed met neutmuskaat, sout en peper. Roer die helfte van die mozzarellakaas by.
  3. GROENTE-EN-PASTALAE Verf die eiervrugskywe met olie, plaas op ’n bakplaat en oondbraai sowat 15 minute tot sag, maar nie droog nie.
  4. Doop die pastavelle een vir een in kookwater tot effens versag.
  5. Giet ’n bietjie tamatiesous onderin die bak. Pak lae pasta, spinasiekaas, eiervrug, sampioene en weer tamatiesous. Herhaal die lae en eindig met spinasiekaas.
  6. Sprinkel die orige mozzarella en die parmesaan oor en bak sowat 40 minute tot goed gaar.
  7. Sit voor met ’n groenslaai indien verkies.