15 ml (1 e) botter

500 g groenbone, in stukke gesny

500 g tagliatelle

125 ml (½ k) gerasperde pecorinokaas

skil van 1 suurlemoen

goeie hand vol vars basilie

45 ml (3 e) olyfolie

sout en vars gemaalde peper

  1. Verhit die botter en roerbraai die groenbone tot effe sag, maar steeds bros.
  2. Kook die pasta tot al dente en dreineer, maar hou 60 ml (¼ k) van die kookvloeistof.
  3. Meng die res van die bestanddele met die pasta en orige vloeistof en sit voor.
  4. Rond af met pecorinoskaafsels