Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 40 min.

375 ml (1½ k) gort

15 ml (1 e) olie

2 uie, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

300 g spinasie, stele verwyder en grof gekap

250 ml (1 k) room

1 wiel fetakaas, gekrummel

sout en peper

GEROOSTERDE TAMATIES

250 g babatamaties, gehalveer

30 ml (2 e) olyfolie

Voorverhit die oond tot 230 °C.

  1. Gort-risotto Kook die gort volgens die aanwysings op die verpakking. Dreineer en spoel af.
  2. Verhit die olie in ’n kastrol. Braai die uie stadig tot goudbruin. Voeg die knoffel by en roerbraai nog 1 min.
  3. Roer die spinasie by en braai tot verwelk.
  4. Voeg die room by en laat stadig prut tot effens gereduseer.
  5. Meng die feta en gort by die spinasiemengsel in en geur met die sout en peper. Verhit tot deurwarm.
  6. Geroosterde tamaties Pak die tamaties op ’n bakplaat, giet die olie oor en geur met sout en peper. Rooster 10 min.
  7. Skep die risotto en tamaties in bakkies.