500 g gnocchi

15 ml (1 e) olie

1 ui, gekap

1 botterskorsie, in dun skywe gesny

300 g kersietamaties, gehalveer

200 g baba-spinasie, grof gekap

sout en peper

  1. Kook water in ’n pot. Kook die gnocchi tot dit dryf. Dreineer.
  2. Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte. Voeg die ui en botterskorsie by en roerbraai tot sag.
  3. Voeg die tamaties en spinasie by. Roerbraai tot die spinasie verlep het en geur met die sout en peper.
  4. Voeg die gnocchi by en meng.
  5. Sit voor met gerasperde pecorinokaas en vars babaspinasieblare.