Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

500 g aartappel-gnocchi

250 g spekvleisstukke

500 ml (2 k) room

50 g bloukaas

Sout en vars gemaalde swartpeper

Kook die gnocchi volgens die aanwysings op die verpakking.

Braai die spekvleisstukke tot bros en sit eenkant.

Maak die room warm in ’n kastrol oor lae hitte en voeg dan die kaas, spekvleis en gnocchi by.

Wanneer dit begin prut, verwyder dit van die hitte. Geur met sout en peper en sit warm voor.